Op drie tot vier maande begin ‘n baba meer bewus raak van die wêreld om hom/haar. Hulle begin hulle oë op skrefies trek vir helder ligte en die glimlag raak groter soos hulle gesigte begin herken. Mylpale tydends die tydperk sluit in:
begin self sy kop regop te hou
begin lag
speel met hulle hande en probeer goed wat hulle aandag
trek optel of aanraak.
sommige baba’s kan al omrol
bons op jou skoot as jy hom regop hou
Op vier tot ses maande begin hulle reageer. Hulle begin met:
babataal
hou hulle eie bottel vas
tel speelgoed op
rol om
sommige baba’s begin selfs kruip
Ses tot 12 maande is jou kind se laaste baba maande. Dis ook een van die vinnigste ontwikkelingsfases. In hierdie fase begin hul sit, kry eerste tandjies en hulle begin kruip en dalk selfs loop. Dit alles in net ʼn paar maande. Onthou dat dit is egter net geraamde gemiddeldes en dat elke kind ʼn individu is wat volgens hul eie patroon ontwikkel.
Buitemuurs by die ouderdom is: Kinderkinetika en Kindermuzik
(die fooie van die buitemuurs is by die skoolgeld ingesluit)