WAARDES
Indien u opsoek is na ‘n stimulerende, liefdevolle omgewing waarin u kind optimaal kan ontwikkel, dan is Jonge Einstein Akademie die plek vir jou. Dié akademie bied ‘n veilige hawe vir u kosbaarste besitting, naamlik u kind. Elke kind is ‘n unieke geskenk van God en word vervolgens so hanteer deur elke personeellid.
- Liefde vir God, jou naaste en jouself.
- Versterk Christelike waardes en norme.
- Vestig positiewe ingesteldheid by kinders.
- Vergifnis en verdraagsaamheid.
- Betroubaarheid.
- Kultuurgebondenheid.
- Respek vir lewe.
- Toegewydheid.
- Skep van dinamiese, kreatiewe omgewing.
- Voed jong breine met interessanthede.
- Stel ideale en skep weë om dit te verwesenlik.
- Kweek liefde vir die waarheid.
- Stel bereikbare doelwitte vir leerders.
- Ontwikkel basiese denkvaardighede, innoverende denke, unieke probleemoplossing- strategieë, luistervaardighede, vermoë om inisiatief te neem.
- Skep ‘n vriendelike, liefdevolle atmosfeer.
- Smee hegte band tussen ouers en skool as vennote in die opvoeding van ons kinders.
- Ons is totaal verbind tot kwaliteit diens.
- Ons kommunikeer openlik.
- Waardeer innovasie en effektiewe insette.
- Ons het trots in wat ons doen.
Kontak ons gerus:
Telefonies:
012 567 1940 of 082 579 5852
Per Epos:
hoof@jongeeinstein.co.za
admin@jongeeinstein.co.za
Besoek ons:
H/v Braam Pretorius en Dominika straat 292
Sinoville
Pretoria
Gauteng
0129