Hierdie is die jaar waar mens verstom staan oor jou peutertjie se vordring in hierdie jaar; van ’n behendige kruiper na ’n goeie stapper tot byna ’n naelloper.


In hierdie jaar bereik jou peuter die volgende bewegingsmylpale. Hulle begin regop stap, hardloop, op sy/haar tone te staan, en later op sy/haar tone rond te beweeg, klim trappe, balanseer op een been, spring op en af, van ’n lae trappie af te spring, ’n groot bal vang as arms teen sy/haar bors “in ’n mandjie-posisie” gehou word, Sit op ’n klein stoeltjie, begin ‘n skopmotorfietsie ry.


Ons laat hulle kaalvoet loop, want só ontwikkel al die belangrike spiere in die voet en tone. Ons laat hulle ook so veel as moontlik beweging- en hardloopspeletjies doen, want alle beweging help konsentrasie aan, terwyl grootspier beweging soos kruip en spring goed is vir spiertonus.


Buitemuurs by die ouderdom is: Kinderkinetika, Bak-en-brou, Kinderkuns en Kindermuzik.

(die fooie van die buitemuurs is by die skoolgeld ingesluit)

Vlinders (1 jaar)

LEER IS PRET

Kontak ons gerus:

Telefonies:

012 567 1940 of 082 579 5852

Per Epos:

hoof@jongeeinstein.co.za

admin@jongeeinstein.co.za

Besoek ons:

H/v Braam Pretorius en Dominika straat 292

Sinoville

Pretoria

Gauteng

0129

Tuis Wie is ons Waardes Toelating Klasse Aktiwiteite Skooltye Vorms Kontak ons